Vermeende renosterstroper aangekla weens belasting-ontduiking

Loading player...
‘n Man wat aangekla word weens sy beweerde betrokkenheid by ‘n renosterstroping-sindikaat in Mpumalanga en Limpopo, is gearresteer vir oortreding van die Wet op Belasting-administrasie. Volgens die Valke het Joseph “Big Joe” Nyalungu en sy vrou, Dudu Alicia Mathumbu, in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Hulle word saam met hul maatskappy, Mjingo Projects and Transport Services, daarvan beskuldig dat hulle tussen 2011 en 2023 nie inkomstebelasting betaal het nie, met die beraamde uitstaande bedrag wat geraam word op 13-miljoen-Rand. Elkeen is borgtog van een-duisend-Rand toegestaan. Die saak is uitgestel tot 12 Augustus.
31 Jul 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min