Sewe vermeende ontvoerders verskyn in Kriel-hof

Loading player...
Sewe vermeende ontvoerders het gister weer in die Kriel-landdroshof verskyn. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle verlede Maandag ‘n skoolkind ontvoer by ‘n hoërskool in Kriel deur voor te gee dat haar ma siek is en sy saam met hulle moet kom. Hulle het ‘n losprys van 200-duisend-Rand by die dogter se ma, ‘n sakevrou, geëis. Hulle is intussen in Vosloorus en Kriel gearresteer. Die saak is uitgestel tot Vrydag vir die beskuldigdes om regsverteenwoordiging te bekom.
30 Jul 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min