Episode 22 | Ma van twee vertel hoekom sy uithouwedlope doen vir goeie doel

--:--
Sanja Steyn van Darling het Race4Grace begin omdat sy lief is vir hardloop en ’n hart het vir die kwesbare weeskinders van Zimbabwe. Die land waar haar ouers sendelinge was en sy grootgeword het. Na haar pa, ds Henry Murray, se dood in 2014, het sy besluit sy gaan met uithouwedlope fondse insamel vir die fonds wat haar ouers begin het om kinders wat swaarkry te help.
Verlede jaar het sy met SkyRun 100, ’n deurnaghardloop van 100 km in die Drakensberge, R150 000 kon insamel vir die Henry Murray Gedenkfonds (kliek om meer oor hierdie fonds te lees op Getuienisaksie se webblad). Die fondse het dit vir 18 weeskinders moontlik gemaak om vanjaar te kon skoolgaan.
Einde vanjaar maak sy weer so. Dié keer in Zimbabwe.
28 Jul Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 31 | Oud-polisievrou vertel haar storie tot op die kansel

Thea Wait was vir 26 jaar ’n administratiewe klerk in die polisie en dolgelukkig in haar werk. Vandag is sy skriba en koster van die enigste NG gemeente op die Karoodorp Tarkastad. Hierdie eens skaam ma van twee tienerseuns is ook besig met verdere teologiese studie om predikant te word…
29 Sep 11 min

Episode 30 | ‘Die Bybel is vir my ’n genadeboek’

Die biblioteek van geskrifte wat ons ken as die Bybel is na 2000 jaar steeds ’n boek wat mense wil lees. Is dit vreemd? Nee, hy dink nie dit is vreemd nie. Die Bybel is ’n boek vir alle tye. Alle geleenthede. Maar dit is ’n Boek wat mens verantwoordelik…
22 Sep 20 min

Episode 28 | ‘Ek ervaar God in die natuur’

So sê langafstandatleet ds Alex Clark van die NG Gemeente Op-die-berg in Ceres. Ek gesels met hom en Kerkbode se redakteur, Le Roux Schoeman, oor hulle deelname aan ’n langasemprojek deur die Karoo wat hulle in die winter aangepak het om Kerkbode se 175ste bestaansjaar te vier. Kliek, luister en…
8 Sep 9 min