Episode 21 | ‘As angs in jou lyf is’ – oor ’n projek gemik op klein kinders met groot emosies

Loading player...
Adrie Jurgensen het dadelik aan hulle Engelse bulhond, Max gedink toe sy hoor dat haar werkplek ‘n nuwe projek soek. Dié projek moes jong kinders wat sukkel met boeliegedrag, angstigheid en trauma, help. Sy werk vir die organisasie 1000 Women Trust. Hulle fokus is op geslagsgebaseerde geweld.
Hierdie ma van twee vertel hoe Max die inspirasie geword het vir die Max & Me: Paws and Peace Corners-projek wat op Mandeladag (18 Julie) van stapel gestuur is. Dit is in samewerking met nog twee organisasies, Badisa en Little Seeds VKO-eenheid, geloods.
Lees ook meer oor die projek in Vrydagnuus, 12 Julie 2024.
19 Jul 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 48 | Dr Frikkie Coetzee vertel oor sy pad met evangelisasie

Dr Frikkie Coetzee is ’n predikant van Pretoria en hy lei die NG Kerk se Algemene Taakspan Evangelisasie. In dié episode van Kollig vertel hy vir Heléne Meissenheimer meer van sy eie geloofspad en die werk van dié taakspan. Van die onderwerpe wat hy bespreek is ’n “holistiese kyk” na…
6 Aug 19 min