Episode 21 | ‘As angs in jou lyf is’ – oor ’n projek gemik op klein kinders met groot emosies

Loading player...
Adrie Jurgensen het dadelik aan hulle Engelse bulhond, Max gedink toe sy hoor dat haar werkplek ‘n nuwe projek soek. Dié projek moes jong kinders wat sukkel met boeliegedrag, angstigheid en trauma, help. Sy werk vir die organisasie 1000 Women Trust. Hulle fokus is op geslagsgebaseerde geweld.
Hierdie ma van twee vertel hoe Max die inspirasie geword het vir die Max & Me: Paws and Peace Corners-projek wat op Mandeladag (18 Julie) van stapel gestuur is. Dit is in samewerking met nog twee organisasies, Badisa en Little Seeds VKO-eenheid, geloods.
Lees ook meer oor die projek in Vrydagnuus, 12 Julie 2024.
19 Jul 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min