Moordenaar addisioneel gevonnis vir bedrog

Loading player...
’n Man wat 36 jaar tronkstraf uitdien vir die moord op sy meisie is gister deur die Evander-landdroshof nog ’n effektiewe vonnis van 15 jaar opgelê vir bedrog. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kaptein Dineo Sekgotodi, het Sandile Kagiso Montsoe tussen April en Augustus 2016 meer as 1-miljoen -Rand van beleggers verduister. Altesaam 120 aanklagte is teen hom en die maatskappy aanhangig gemaak. Trillion Dollar Legacy boetes opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is. Montsoe se vonnis sal samelopend met die bestaande een uitgedien word.
17 Jul 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min