Polisie bevestig deurbraak in Jacques Freitag-moord

Loading player...
Die twee gesoekte verdagtes in verband met die moord op die oud-hoogspringkampioen, Jacques Freitag, is in hegtenis geneem. Shantelle Oosthuizen en die oudprokureur, Rudie Lubbe, was vir meer as 'n week voortvlugtend van die polisie. 'n Polisiewoordvoerder, Brigadier Brenda Muridili, het bevestig hulle is gisteroggend by 'n gastehuis in Sabie gearresteer. Die 42-jarige Freitag is op 17 Junie as vermis aangemeld. Hulle sal binnekort in die hof in Pretoria verskyn.
17 Jul 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min