Vrydag 12 Julie 2024

--:--
Luister na hierdie aanbieding van Delf Steeds Dieper, uitgesaai op Vrydag 12 Julie 2024.
Kosbare Izak Coetzee leer ons meer oor die wonder van die betekenis van die Feeste wat ons Vader ingestel het. Hoe moet ons dit verstaan en hoe raak dit steeds ons geloof en verhouding met ons Vader.
Daarna kuier ons saam met sendelinge! Wouter en sy vrou Lulu wat in Mozambiek werk en hierdie keer twee kosbare mense uit Indië saambring. In Indië word mense wat in Jesus Christus glo, vervolg. Luister gerus – kom ons leer en kry respek vir ander wie se geloof hul lewens in gevaar stel.
Daarna vertel Elizabeth Jordaan ons van die studente jare van Andrew Murray in Nedeland.
12 Jul Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf Steeds Dieper - 22 Nov 2024

Baie mense beleef aan die einde van 'n jaar intense futloosheid, moegheid, tot in jou "bones" toe moeg!! Wat maak ons daarmee!? Prof Wentzel Coetzer gee raad met "uitbranding"! Luister en leer - dalk rus jy dan meer!! Elizabeth Jordaan vertel verder van die reuse invloed wat kosbare Andrew Murray…
22 Nov 1 hr 32 min

Hoe Om Geestelike Oë te Open en Onderskeiding te Beoefen

In hierdie program gaan alles oor oë. Eers gesels ons oor geestelike oë. Wat vra dit van my en jou om in die geestelike te kan sien, te kan onderskei en hoe gemaak om te weet dat wat ek beleef Goddelike waarheid is? Begeer jy om jou geestelike oë te…
15 Nov 1 hr 30 min

Delf Steeds Dieper 8 Nov 2024

Pediatriese onkologie is nie ‘n onderwerp waaroor daar baie gepraat word nie – maar wanneer dit deel van jou gesin of familie se lewenservaring word, is ek oortuig dat ‘n mens wens jy het meer daarvan geweet. Luister gerus in hierdie uitsending van Delf Steeds Dieper wanneer dr Ané Büchner,…
8 Nov 1 hr 31 min

Delf Steeds Dieper - 1 Nov 2024

Verlede week het ons die voorreg gehad om te gesels met Jaco Scholtz, 'n man wat 'n intense studie gemaak het van profesie in die Bybel. Uiteindelik was verlede week se gesprek net maar 'n lus maker. Daarom die besluit om Jaco te vra om sy hart uit te praat…
1 Nov 1 hr 35 min

Delf Steeds Dieper 25 Okt 2024

Eerlik, met die oorlog in Israel wat steeds wyer uitkring, vra mense - waar gaan dit alles heen? Dis 'n goeie vraag wat vra vir 'n verantwoordelike antwoord. Jaco Scholtz is 'n ernstige student van die Woord - die Bybel. Luister asseblief na sy kosbare uiteensetting van die rol van…
25 Oct 1 hr 29 min