Pumas kry tuis pak slae in tweede ronde van Curriebeker

Loading player...
Die Fidelity ADT Leeus kon Vrydagaand in Mbombela tien drieë druk teen die Airlink Pumas om hulle met 75-21 pak slae te gee in die tweede ronde van die Curriebeker. Die Leeus het teen rustyd met 35-7 voorgeloop. Tapiwa Mafura kon ‘n driekuns behaal en Sam Francis het op sy debuut 30 punte aangeteken vir die span van Johannesburg. Pumas-hoofafrigter Jimmy Stonehouse sê weens die Mpumalanga Premier-Internasionele Sokkerbeker wat by Mbombela-stadion gespeel word die volgende twee naweke, moes die pienktruie hul wedstryde skuif.
15 Jul 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min