Oud-Nellie-atleet op pad na Olimpiese Spele

Loading player...
Ashley Erasmus het gekwalifiseer om in gewigstoot deel te neem aan die Olimpiese Spele in Parys. Dié oud-leerling aan Hoërskool Nelspruit het by die onlangse Afrika-atletiekkampioenskappe in Kameroen die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword om deur die 18-meter grens te breek. Haar wen-afstand van 18,17-meter het die vorige SA-rekord van 17,88-meter verbeter. Sy hou nou ook die Afrika onder-20-rekord in gewigstoot, sowel as die Afrika-kampioenskaprekord. Op 19 word sy boonop die jongste SA-vrou om in gewigstoot haar land by die Spele te verteenwoordig.
12 Jul 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min