Vrou gevonnis wat voornemende verpleegkunde-studente in Kabokweni bedrieg

Loading player...
‘n Vrou wat haarself as ‘n werknemer van die Kabokweni-verplegingskollege voorgedoen het en voornemende student besteel het, is tot agt jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, gevonnis. Die 50-jarige Nomthandazo Matsane is gister deur die Hof vir Gespesialiseerde Handelsmisdade in Nelspruit skuldig bevind aan bedrog. Volgens die Valke het sy in 2016 sewentien voornemende studente 12-duisend-500-Rand gevra vir kwansuise registrasie. Sy is onder huisarres, moet gemeenskapsdiens doen en 99-duisend-300-Rand van die gesteelde geld terugbetaal. Die saak teen haar twee medepligtiges is uitgestel tot 13 Augustus vir verhoor.
11 Jul 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min