Lefpa bestry steeds vier brande te midde van hoë brandgevaar in Laeveld

Loading player...
Die Laeveld-brandbeskermingsvereniging sê hulle bestry nog vyf brande. Volgens André Scheepers van Lefpa is drie van hulle brande wat hulle reeds sedert ten minste gister stoei om onder beheer te kry, en twee het nuut ontstaan. Die brandgevaar-indeks vir vandag in die Laeveld is oranje, wat dit baie gevaarlik maak te midde van volgehoue droë, warm toestande. Lefpa vra mense om geen oop vure te maak nie. Geen brandpermitte word ook uitgereik tot verdere kennisgewing nie.
10 Jul 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min