Wees versigtig met oop vure te midde van hoë brandgevaar

Loading player...
Die Laeveld-brandbeskermingsvereniging sê hulle stoei vanoggend om twee veldbrande onder beheer te kry. Volgens André Scheepers van Lefpa woed een tussen Witrivier en Sabie en Hazyview en die ander in die Badplaas-Kaapsehoop-Ngodwana-area. Hy sê die wind waai nog kwaai in areas, wat hul taak aansienlik bemoeilik. Saam met droë, warm toestande word mense gevra om baie versigtig te wees en geen oop vure te maak nie. Geen brandpermitte word ook uitgereik tot verdere kennisgewing nie. Meer as ‘n duisend-hektaar veld en boorde het reeds afgebrand.
9 Jul 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min