Buitelanders vasgetrek weens R3m in vervalste banknote

Loading player...
Elf Ugandese verskyn vandag in die landdroshof in Ermelo in verband met die onwettige besit van vervalste geld met ‘n sigwaarde van drie-miljoen-Rand. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die verdagtes, wat sakke by hulle gehad het, is Donderdag in hegtenis geneem. Mdhluli sê hulle het verdag opgetree en is voorgekeer, waarna daar op die vervalste geld afgekom is. Die verdagtes kon nie enige dokumente verskaf wat bewys dat hulle wettig in die land is nie. Mdhluli sê hulle sal in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake die verdagtes se status in die land vasstel.
8 Jul 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min