Vermeende transitorower weens 2020-saak herarresteer

Loading player...
‘n Man wat aangekla word weens twee transitorooftogte is deur die Kabokweni-landdroshof borgtog van 2-duisend-Rand toegestaan. Volgens die Valke-woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, is Mpendulo Absina Hassane in November aangekeer vir ‘n transitoroof buite Malalane in Augustus. Hy is met sy vingerafdrukke aan die toneel gekoppel. Hy is borgtog toegestaan. Bloedtoetse het hom intussen verbind met ‘n transitoroof wat in Julie 2020 in Msogwaba uitgevoer is. Hassane is Woensdag herarresteer en aangekla van roof met verswarende omstandighede en poging tot moord. Die saak is uitgestel tot 26 Julie vir oorplasing na 'n streekshof.
4 Jul 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min