Oorskot van vermiste sesjarige in Pienaar gevind

Loading player...
‘n 18-jarige wat verbind word met die verdwyning van twee kinders in Pienaar buite Mbombela, is onder polisiebewaking in die hospitaal na gemeenskapslede hom gisteraand aangerand het. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, sê die man het glo teenoor die mense erken hy het met die kinders se verdwyning te doen gehad. Hulle het die beseerde man by ‘n begraafplaas aangetref omring deur ‘n skare. Die vlak graf met menslike oorskot is daar naby ontdek. Die sesjarige Junior Mabandla, wat ‘n maand gelede vermis geraak het, is aan sy klere deur sy familie uitgeken. Hulle verwag om vandag die oorskot van ‘n driejarige vermiste dogtertjie op te grawe.
4 Jul 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min