Borg vir man wat openbare geweld aanhits in Mbombela

Loading player...
Die man wat aangekla word van aanhitsing van openbare geweld is gister deur die Nelspruit-streekhof borgtog van 2-duisend-Rand toegestaan. Xolani Gregory Khoza word ook aangekla van die aanhits van terrorisme en intimidasie na hy op sosiale media ‘n beroep gedoen het vir 'n nasionale afsluiting en die verwydering van president Cyril Ramaphosa. As deel van sy borgvoorwaardes mag hy geen plasings op sosiale media maak nie. Die saak is uitgestel tot 2 September vir verdere ondersoek. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi:
2 Jul 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min