Skool sekerheidswag in Kabokweni vermoor

Loading player...
Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, het die wrede moord op 'n sekuriteitswag by Malekutu Primary in Kabokweni, ten sterkste veroordeel. Elliot Mndlovu se lewelose liggaam is Sondag in die vroeë oggendure ontdek. Boewe het omstreeks 3-uur by die skoolperseel ingebreek. ‘n Sekuriteitsmaatskappy wat op die skool se alarm gereageer het, het op Mndlovu se liggaam afgekom. ‘n Woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Gerald Sambo, sê die booswigte het met ‘n tablet en oorhoofse projektor weggekom. Dlamini het gister die skool besoek.
25 Jun 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min