Pensioenaris vas wat glo bewysstukke weggooi

Loading player...
'n Voormalige AO wat intussen afgetree het, het gister in die Delmas-landdroshof verskyn vir beweerde regsverydeling en peuter met bewysstukke. Die 60-jarige Samuel Bassie Mahlangu se hofverskyning kom na hy glo bewysstukke in ‘n ondersoek na onwettige mynboubedrywighede in ‘n asblik weggegooi het. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Mahlangu het vir die gouddraende materiaal waarop beslag gelê is tydens ‘n ontwrigtende operasie in Augustus in die bewysstukke register by Delmas SAPD geteken. Die saak is tot 27 Junie 2024 vir verdere ondersoek uitgestel.
19 Jun 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min