Zimbabwiese man aangekla van twee moorde in eMalahleni

Loading player...
'n 29-jarige burger van Zimbabwe sal na verwagting vandag in die Emalahleni-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord wat afsonderlik in die Vosman-area gepleeg is. Nkosinathi Mashele is in Februarie aangerand en Sondag Nkosi is in Oktober 2022 doodgeskiet. Polisiebeamptes het die verdagte glo herken toe hy Donderdag in die hof verskyn het weens beweerde sakeroof en die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen en hy is aangekeer. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle ondersoek of hy ook met ander misdade verbind kan word.
18 Jun 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min