Man kry lewenslank vir moord op minderjarige vriendin in Masoyi

Loading player...
Die Hooggeregshof in Mpumalanga het ‘n burger van eSwatini gister skuldig bevind en gevonnis vir die moord in 2021 op sy minderjarige vriendin in Masoyi. Die 26-jarige Khulekani Mpendulo Maziya se 15-jarige vriendin, Confidence Nomfundo Mabuye, is op Kersdag 2021 as vermis aangemeld deur haar familie. In Augustus 2022 is menslike gebeentes langs sy huis ontdek deur seuns wat sokker gespeel het. Confidence is in ‘n vlak graf begrawe gevind. Maziya is ‘n lewenslange vonnis opgelê vir moord en tot ‘n addisionele vyf jaar gevonnis vir regsverydeling. Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag:
13 Jun 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min