Maatskappy-direkteur skuldig aan belastingbedrog

Loading player...
‘n Direkteur van vier maatskappye is Maandag skuldig bevind in die Gespesialiseerde Hof vir Kommersiële Misdade in Nelspruit op 12 aanklagte wat verband hou met geldwassery en oortreding van die Belastingwet. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, is die ondersoek na Smangaliso Khoza agt jaar gelede van stapel gestuur. Dit hou verband met belastingopgawes op in 2013 en 2014 ingedien is en wat die Inkomstediens amper 3-miljoen-Rand in werklike verliese sowel as addisionele potensiële verliese laat ly het. Die verhoor van sy medebeskuldigdes, sy lewensmaat en broer, sou die week begin. Die saak teen Khoza is tot 23 Augustus uitgestel vir voor-verhoor-verrigtinge.
12 Jun 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min