Polisie vra inligting na ontdekking van twee liggame

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga vra die publiek om na vore te kom met inligting na twee mense vermoor gevind is in afsonderlike voorvalle. ‘n Man met skietwonde is Maandag in Dingledale Trust naby Thulamahashe gevind. ‘n Vrou se verbrande liggaam is Sondag in bosse in Mphenyatsatsi naby Bosbokrand ontdek. Haar bure het alarm gemaak na hulle haar vir ‘n paar dae nie gesien het nie, en sy is as vermis aangegee. Die motief vir beide moorde is tans onbekend en geen arrestasies is nog gemaak nie.
12 Jun 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min