Verdagtes gesoek na skietery in Hazyview

Loading player...
Die polisie ondersoek ‘n moord en poging tot moord wat gister laatmiddag in Hazyview gepleeg is. ‘n 35-jarige vrou is dood en ‘n man is gewond. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het die voorval by ‘n restaurant gebeur. Die slagoffers het in hul voertuig gesit toe twee gewapende mans arriveer en op hulle losgebrand het. Die polisie vermoed die voertuig wat die verdagtes gebruik het is verlede maand in Bosbokrand gekaap. Geen arrestasies is nog gemaak nie.
7 Jun 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min