Episode 17: Jeug-tot-jeugaksie wou jongmense inspireer oor Jesus

--:--
Hy dink die NG Kerk is ryker as 50 jaar gelede. En hy dink die kerk sien groter prentjies raak, maar die Jeug tot Jeugaksie van 1974 was verbeeldingryk vir sy tyd.

So meen prof Malan Nel wat onlangs saam met so 18 van die oorspronklike leierskapgroep reünie gehou het in die Vrystaat om die 50ste herdenking te vier van hierdie inisiatief wat die bedieningsfilosofie wou vestig dat jongmense toegerus moet word om met jongmense te werk.

Dit is genoem die evangelisasiejaar van die kerk. Die leuse was ‘Lewe vir Christus en vir Sy kerk’. “Daai embleem het die land beinvloed. Die hele land het ingekoop in die aksie,” so onthou hy op 85 helder die gebeure rondom hierdie projek wat die Elektroniese Christelike Kernensiklopedie (eCKE) omskryf as “een van die merkwaardigste uitreike van die NG Kerk in die 20ste eeu na die jeug”.

Die inisiatief onthou Nel as die waar word van ’n droom van ds Mike Smuts wat later hoof geword het van die Christen Studentevereniging (CSV), later Verenigende Christenstudentevereniging (VCSV).

Sowat 32 000 jongmense is opgelei om met hulle portuurgroep oor die evangelie en geloofsake te praat. Meer as 350 000 jongmense was by die saamtrekke wat in drie lande gehou is in skole, stadsale en op sportstadions.

Die aksie het, volgens eCK, “by baie jongmense tot nuwe entoesiasme vir die kerk gelei en groot getalle het hulle ná 1974 aangemeld vir teologiese studie”.
9 Jun Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 31 | Oud-polisievrou vertel haar storie tot op die kansel

Thea Wait was vir 26 jaar ’n administratiewe klerk in die polisie en dolgelukkig in haar werk. Vandag is sy skriba en koster van die enigste NG gemeente op die Karoodorp Tarkastad. Hierdie eens skaam ma van twee tienerseuns is ook besig met verdere teologiese studie om predikant te word…
29 Sep 11 min

Episode 30 | ‘Die Bybel is vir my ’n genadeboek’

Die biblioteek van geskrifte wat ons ken as die Bybel is na 2000 jaar steeds ’n boek wat mense wil lees. Is dit vreemd? Nee, hy dink nie dit is vreemd nie. Die Bybel is ’n boek vir alle tye. Alle geleenthede. Maar dit is ’n Boek wat mens verantwoordelik…
22 Sep 20 min

Episode 28 | ‘Ek ervaar God in die natuur’

So sê langafstandatleet ds Alex Clark van die NG Gemeente Op-die-berg in Ceres. Ek gesels met hom en Kerkbode se redakteur, Le Roux Schoeman, oor hulle deelname aan ’n langasemprojek deur die Karoo wat hulle in die winter aangepak het om Kerkbode se 175ste bestaansjaar te vier. Kliek, luister en…
8 Sep 9 min