Valk aangekeer weens beweerde betalings van renosterstroping-sindikaat

Loading player...
‘n Sersant in die Valke het gister in die Nelspruit-streekshof verskyn op aanklagte van korrupsie, bedrog en regsverydeling. Volgens die Valke het die 47-jarige Kgaugelo Aubrey Mogale, ‘n lid van die ondersoekspan na Projek “Blood Orange”’, 6-duisend-Rand in betalings ontvang vanaf een van die beskuldigdes. “Blood Orange” ondersoek beweerde betalings wat ‘n renoster-stroping-sindikaat aan veldwagters in die Krugerwildtuin gemaak het, in ruil vir inligting. Die betalings is tydens ‘n ondersoek deur ‘n ouditeursfirma aan die lig gebring. Mogale is borgtog van een-duisend-Rand toegestaan. Die saak is uitgestel tot 27 Junie. Die woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi:
5 Jun 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min