Premier en polisiekommissaris monitor stemmery in Hendrina

Loading player...
Die Mpumalanga Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vandag die spesiale stemmery in Hendrina gemonitor. Dit volg na die Verkiesingskommissie ‘n saak van intimidasie teen agente van twee politieke partye geopen het. Die premier is vergesel deur die provinsiale polisiekommissaris, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, om die voorval te ondersoek. Mtshweni-Tsipane sê enige individu wat ‘n vry en regverdige verkiesing bedreig, moet gearresteer word. Manamela sê hulle is daaraan toegewyd om die vrede te bewaar tot die laaste stem môre uitgebring is.
28 May 2024 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min