Episode 15: ‘Ek wil dieselfde liefde in hierdie tieners belê as in ons seun wat op 21 dood is’

Loading player...
Elaine Pienaar en haar predikantman het ’n seun verloor op 21. Sy vertel sy voel die Here gee vir haar, deur haar werk as maatskaplike werker by die Christelike organisasie, Wildernis Therapy Namibia, ’n kans om dieselfde liefde en omgee te belê in hierdie tieners as in haar seun.

Sy het gevoel haar lewe het ’n pragtige vol sirkel geloop toe sy vanjaar as ervare maatskaplike werker kon inskakel by hierdie alternatiewe terapie- en mentorprogram wat vanuit die NG Kerk in Namibië ontstaan het met die doel om jongmense op avontuurstaptogte te vat en daarna deur mentorskapprogramme by hulle betrokke te bly.

Tydens Kerkbode se onlangse storietoer het ons die span ontmoet wat ons meer vertel het van wat hulle doen. Tussendeur het Elaine haar mooi storie gedeel. 
26 May 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min