Pumas soek weer beker-oorwinning in Griekwas se agterplaas

Loading player...
Die Airlink Pumas takel die Suzuki Griekwas môre in die eindstryd van die SA Beker. Die Griekwas is onoorwonne in dié nuwe kompetisie, en is die enigste span wat die ewe indrukwekkende Pumas tydens die rondomtalie-fase kon wen. Die pienktruie het egter drie van hul laaste vyf kragmetings teen die Griekwas gewen – insluitend die Curriebeker-finaal van 2022 wat ook in Kimberley beslis is. Saterdag se wedstryd vind in Kimberley plaas, en word op SuperSport uitgesaai. Die afskop is om half 1.
24 May 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min