#1  Strandloper – Episode 1

--:--
Oom Fred se geduld is op met die wagtery by die losieshuis vir Tannie Ouvrou se personeel wat hy smiddae moet wegry. Hy en sy stamp weer koppe oor ʼn ou geskil. Hoekom ontstel dit haar steeds ná al die jare? Nicolien kry ʼn saamrygeleentheid by Oom Fred, maar dit eindig rampspoedig.
Season 1 / Episode 1 13 May Afrikaans South Africa Drama · Fiction

Other recent episodes

Strandloper – Episode 105

Die dorp is in rep en roer oor die Afrikaans Amptelik 100-fees. Hulle wenplanne neem vorm aan. Dylan is in topvorm, want daar is ʼn TV-kontrak op die spel. Willie het ʼn skitterende voorstel. Nicolien kry nuus oor haar soektog na haar biologiese ouers.
Season 1 / Episode 105 10 min

Strandloper – Episode 104

Om Fred is aan die oppak, maar dit is nie net sý klere en aardse goed wat gepak moet word nie. Willie bring skokkende tyding wat Oom Fred en Tannie Ouvrou ontstel. Wanneer Oom Fred se selfoon lui, is dit die einde van ʼn era vir hom.
Season 1 / Episode 104 10 min

Strandloper – Episode 103

Nicolien kry vroegoggend ʼn verrassingsbesoek by die losieshuis van Dylan wat groot nuus het. Oom Fred en Tannie Ouvrou is ook oorstelp van vreugde oor die nuus. Wie gaan hierby baat, wonder almal … behalwe Dylan.
Season 1 / Episode 103 10 min

Strandloper – Episode 102

Tannie Ouvrou word onkant gevang met Oom Fred se skielike trekplanne. Hoe sal die lewe vorentoe wees sonder hom by die losieshuis? Mauritz se werk by Seeredding sorg dat Tannie Ouvrou opnuut bekommerd is oor sy veiligheid in die diep waters … met rede.
Season 1 / Episode 102 9 min

Strandloper – Episode 101

Nicolien kan nie glo wat alles op Bloubaai gebeur het terwyl sy weg was nie. Die grootste nuus is die landwye kompetisie vir die Afrikaans 100-fees, wat ʼn televisiekontrak insluit waaraan die dorp wil deelneem. Dylan is vol wenplanne, wat moeilik geklop gaan word.
Season 1 / Episode 101 10 min