Borgtog vir Mbombela-man wat homself glo as prokureur voordoen

Loading player...
Vyf beskuldigdes is gister borgtog toegestaan deur die Nelspruit-streekshof. Ses word aangekla van bedrog en die nabootsing van ‘n prokureur. Tshepo Mahlako, wat homself na bewering as ‘n prokureur voorgedoen het, en sy firma TC Mahlako is elk borgtog van 60-duisend-Rand toegestaan. Drie medebeskuldiges het borg gekry van 30-duisend-Rand. Die sesde, Bongani Tsobolo, sal Vrydag om borgtog aansoek doen. Die saak is tot 25 Junie uitgestel. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi:
7 May 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min