Operasie Vala Umgodi trek nog verdagtes vas

Loading player...
Die polisiekommissaris in Mpumalanga, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het wetstoepassers geloof vir nog deurbrake in Operasie Vala Umgodi wat onwettige mynbedrywighede teiken. Saterdagoggend is 28 rondes ammunisie sowel as verskeie stukke myntoerusting gekonfiskeer tydens ‘n operasie in Pelgrimsrus. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê elf ongedokumenteerde mense is ook aangekeer. ‘n Verdagte is Vrydag ook aangekeer by Simile in Sabie met onwettige plofstof in sy besit. Daar is ook op gouddraende stof beslag gelê. Die beskuldigdes sou vandag in die onderskeie howe verskyn.
29 Apr 2024 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min