Pumas gasheer vir Luiperds Saterdag by Nelspruit Rugbyklub

Loading player...
Die Airlink Pumas speel môre weer tuis in die SA Beker. Die Pumas en Griekwas is die enigste onoorwonne spanne oor in die reeks met vier wedstryde oor om die finaliste te bepaal. Die boonste twee spanne op die punteleer sal in die eindstryd speel. Beide het 25 punte, met die Griekwas bo weens hul beter punteverskil. Die Pumas kon al drie keer in die kompetisie verhoed dat hul opponent enige punte teen hulle aanteken. Die afskop teen die Luiperds by Nelspruit-rugbyklub Saterdagmiddag is om 3-uur. Hulpafrigter Corné Steenkamp:
26 Apr 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min