Episode 11: 'n Verhaal van omkeer uit die Paarl

Loading player...
Aletia Grundling vertel die verhaal van hoe sy en vroue soos Cathy Ross en Jenny Arendse met liefde en omgee vir bendekinders ‘n drama-en skryfskool kon begin. Sy is die hoof van Monte Christo Miqlat of MCM, ‘n NGO wat deur hulle veeldoelige sentrum al vir jare ‘n veilige tuiste bied vir voorskoolse klasse en ‘n naskool.

Luister ook na die volledige onderhoud met Aletia Grundling op Klank Kompas: Ek en my mense.

Die verhaal van hierdie drama- en skryfskool en die heling wat dit binne hierdie arm gemeenskap in Paarl-Oos gebring het is ook vervat as een van 12 gevallestudies in ‘n nuwe boek, Caribuntu: Social innovation in South Africa waarvan die sosiale innovasie-navorser, prof Erwin Schwella, die redakteur is.
28 Apr 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min