Mpumalanga Premier open splinternuwe Bethal-hospitaal

Loading player...
Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het gister amptelik die splinternuwe Bethal-hospitaal geopen. Volgens die Kantoor van die Premier is dit ten volle toegerus met die jongste tegnologie. Mtshweni-Tsipane sê dit sal ‘n sleutelrol speel om kwaliteit mediese sorg aan mense te bied naby aan waar hulle woon en om sodoende menselewens te red. Die hospitaal sal dienste lewer aan die omliggende gemeenskappe van Trichardt, Embalenhle, Kriel, Devon, Morgenzon en Charl Cilliers. Sy sê die provinsie benodig 'n toegewyde psigiatriese hospitaal.
24 Apr 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min