Betogers steek ambulans aan die brand in diensleweringprotes op R40

Loading player...
Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het die versperring van die R40 by Casteel in die Bosbokrand-omgewing vanoggend veroordeel. ‘n Provinsiale ambulans is ook aan die brand gesteek, na bewering deur mense wat teen swak dienslewering in die area betoog. Shongwe sê mense het die volste reg om te betoog, maar mag nie ander se vryheid van beweging belemmer nie. Hy sê die R40 is ‘n belangrike roete tussen Mpumalanga en Limpopo en padversperrings affekteer sakeondernemings. Shongwe voeg by dit is onaanvaarbaar dat eiendom vernietig word.
22 Apr 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min