Episode 9: 'Ek is nou genees van te gou opgee' - Red 'n plaas camino-stappers vertel

Loading player...
Kollig Episode 9: Wanneer geloof tekkies dra Kollig reis vandeesweek binneland toe. Karoo toe. DJ Muller van Kaapkerk se kommunikasiespan is saam. Hier op Victoria-Wes kry ons twee stories wat iets vertel van hoe geloof lyk wat hande en voete kry.
Die Red n Plaas naam is welbekend. Vanjaar se caminostap vir hierdie Noord- Kaapse inisiatief was in die omgewing van Victoria-Wes. Kobus en Zelda Groenewald van die Laeveld vertel hoe hulle dié veeldagstap ervaar het.
DJ Muller is ‘n dominee wat hou van stories vertel en mooi foto’s neem. Hy werk as inhoudskepper by Kaapkerk, die sinode van Wes-Kaapland se kommunikasiespan. Op Victoria-Wes het hy gesels met Lazarus Makwena wat hoof is van ‘n plaaslike NGO Genadeland. Tyd was min so hulle het sommer in Kerkstraat langs mekaar op die sypaadjie gaan sit.
14 Apr 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min