DA sê Mpumalanga moet ophou druk vir NGV

Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê hulle is besorg dat die LUR vir Gesondheid, Sasekani Manzini, daarop aandring dat alle gesondheidsfasiliteite in die provinsie gereed is vir implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering, terwyl nie een op standaard is nie. Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het onlangs aan die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, gesê Suid-Afrika is nie gereed vir die NGV nie aangesien dit geen oplossing bied vir uitdagings soos die personeeltekort in die openbare gesondheidstelsel nie. Die DA-leier in Mpumalanga, Jane Sithole:
9 Apr 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min