ActionSA veroordeel aanvalle op hospitaalpersoneel

Loading player...
Action SA het die aanvalle op en dreigemente teen gesondheidsorgwerkers by Themba-hospitaal in Kabokweni veroordeel. 'n Groep mense wat na bewering kontrakte met die hospitaal eis, het die afgelope weke personeellede gedreig en selfs aangerand. Die Premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, besoek vandag die hospitaal. Die provinsiale leier van ActionSA, Thoko Mashiane, sê hulle het aan die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, geskryf om te vra dat polisie ontplooi word. Sy sê die veiligheid van mediese personeel moet geprioritiseer word.
8 Apr 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min