Nkomazi-raadslid tydens huisroof doodgeskiet

Loading player...
Die polisie in Tonga ondersoek ‘n moord- en -roofsaak na ‘n 35-jarige raadslid in Nkomazi-munisipaliteit gisteraand vermoor is. Volgens die woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het vier verdagtes Thabo Ngwenya se huis in Mangweni naby Komatipoort binnegestorm. Hy is twee keer geskiet en sy vrou is aangerand. Die verdagtes het met hul selfone en Toyota GD-6-bakkie gevlug. Ngwenya is by die hospitaal weens sy beserings dood. Mdhluli sê die motief vir die skietery is tans onbekend.
3 Apr 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min