Platteland hoop: Senekal-Matwabeng Community Forum

Loading player...
Hoe trek ‘n mens ‘n gebroke gemeenskap bymekaar? In aanloop tot ons inspirerende Sentraal SA storie reeks van sprekers wat by die onlangse Landbou Weekblad en Senwes Oplossings vir die Suid-Afrikaanse Platteland kongres opgetree het, begin ons op hierdie Paasvrydag met die storie van pastoor John Mathuhle. Vier jaar gelede het Senekal in die Vrystaat op die randjie van bloedvergieting gewankel ná die hofverskyning van beweerde veediefstalsindikaatverdagtes wat van moord op plaasbestuurder Brendin Horner aangekla word. In reaksie op toenemende spanning tussen plaaslike boere, politieke partye, en opstokers wat hoop om geweld aan te blaas, het Mathuhle hom tot sy geloof gewend en 'n gebed vir vrede gelei. Hier is sy storie…
29 Mar 2024 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Inkbessievergiftiging kom toenemend onder vee voor

Inkbessie is 'n indringer plant wat algemeen in die Vrystaat voorkom en veeverliese veroorsaak. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van die Bloemfontein Veterinere Laboratorium oor die siekte.
22 Jun 11PM 6 min