Mpumalanga polisie soek verdagtes wat man se hande afkap en daarmee vlug

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga soek na verdagtes wat ‘n man se hande afgekap het. Die 30-jarige het oorleef en word in die hospitaal behandel. Volgens die polisie het hy vroeg Woensdagoggend op die Kroomdraai-pad in Vosman naby Witbank gestap toe sowat ses verdagtes in ‘n groen Opel Corsa-bakkie verskyn, en hom in die voertuig in forseer het. Hulle het in ‘n bebosde gebied sy hande afgekap en daarmee gevlug. Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdluli, is die slagoffer deur sekerheidswagte gered.
25 Mar 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min