Verdagte aangekeer weens moord op polisiekaptein in KaNyamazane

Loading player...
‘n 32-jarige verdagte is aangekeer in verband met die moord op ‘n polisiekaptein, Sibusiso Mthombothi, in Kanyamazane. Mthombothi was op 13 Januarie van diens af toe hy sy private voertuig na ‘n karwassery geneem het. Die verdagte, wat na bewering ‘n veroordeelde moordenaar is, het glo teen hom vasgery en ‘n argument het ontstaan. Mthombothi is geskiet. Die verdagte is vroeg vanoggend tydens ‘n multi-dissiplinêre operasie in Kabokweni gearresteer. Polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli:
20 Mar 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min