Episode 6: ‘Ses jaar as gyselaar maak my geloof sterker’

Loading player...
Gerco van Deventer was vir ses jaar as gyselaar aangehou in Noord-Afrika. Eers in ’n huis, toe ’n tent en daarna onder ’n boom iewers tussen die sandduine van die Sahara met net ’n kombers as beskerming. Vir hierdie episode van Kerkbode Kollig vertel hy sy geloofstorie - van die dag van sy ontvoering tot sy vrylating einde laasjaar toe hy met sy gesin herenig is.
Ons bly in Afrika en luister ook na ’n insetsel wat ds Jaco Strydom gemaak het na hy in Kenia met drie NG dominees van die ekumeniese teologiese netwerk, NetACT, gesels het.
Laastens ’n staaltjie vanuit die Vrystaatse kerkargief. Dit gaan oor ’n gedroste Duitsgebore soldaat wat meer as 100 jaar opdrag gekry het om ’n fresco (muurskildery) te verf in die NG Kerk op Dewetsdorp. Mariëtte Odendal het die storie vir Vrypos gaan uitsnuffel.
24 Mar 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min