Vredesbeamptes dalk oplossing vir vragmotor-probleem

Loading player...
Daar bestaan 'n groot kwelling oor vragmotors wat paaie in klein dorpies verwoes, veral die wat op pad is na Lebombo-grens toe en so ry om voor in die ry te probeer indruk. Linda Grimbeek, die operasionele beampte van die KLCBT, sê hulle veroorsaak nie net 'n opeenhoping nie, maar is ook 'n gevaar vir inwoners. Verder is daar nie genoeg verkeersbeamptes om elke voertuig wat nie nommerplate het nie, om spoedkameras te ontduik, af te trek en te beboet nie. Daarvoor het die sakekamer private befondsing bekom om vredesbeamptes aan te stel.
19 Mar 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min