Voormalige veldwagter wat glo stroop vanaf vandag verhoor

Loading player...
Die verhoor van die voormalige Krugerwildtuin-veldwagter, Rodney Landela, en voormalige staatsveearts, Kenneth Motshotso, op stropingverwante klagte begin vandag in die Skukuza-landdroshof. Hulle is in 2016 naby die vars karkas van ‘n renoster aangekeer. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, het ook SANParke se vreugde gedeel met ‘n vonnis van 17 jaar wat aan Mbongeni Ngobeni vir renosterstropery opgelê is.
18 Mar 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min