Episode 5: God se hart vir weerloses

Loading player...
Dinsdag 19 Maart is internasionale Maatskaplike Werkerdag. Regoor die land is baie maatskaplike hulporganisasies wat uit die kerk ontstaan het. In hierdie episode van Kerkbode Kollig fokus ons op van hierdie organisasies in Gauteng wat nou saam met ander deur ‘n bestaanskrisis bedreig word omdat die provinisiale regering hulle subsidies drasties wil besnoei. Ds Yolandi Kok is ringvoorsitter vir diakonale dienste van die NG Kerk se Hoëveldsinode. Sy vertel meer hieroor en deel ook praktiese voorstelle oor maniere waarop gemeentes hulle plaaslike hulporganisasies kan wys hulle staan nie alleen nie. Ons het ook met dr Nioma Venter gesels oor die rol wat gemeentes kan speel om die regte mense om ’n tafel te kry wat die nood in hulle gemeenskap effektief kan aanspreek. Dan het die Weskaapse kerkleierskap onlangs vir twee dae in Wellington saamgekom en allerhande sake bespreek. KaapKerk se Ronelda Visser het met die voorsitter, ds Marinus Theron, gesels om meer te hoor.
17 Mar 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min