VF Plus sê ANC keur elektrisiteitsdiefstal deur Nkomazi-burgemeester goed

Loading player...
Die ANC-regering in Mpumalanga het weereens ‘n versoek van die VF Plus om leefstyloudits op provinsiale en munisipale staatsamptenare uit te voer in die plaaslike wetgewer geweier. Volgens die provinsiale partyleier, Werner Weber, het die mosie gevolg na die burgemeester van Nkomazi-munisipaliteit, Phindile Magagula, daarvan beskuldig is dat sy na bewering ‘n begunstigde is van onwettig gekoppelde elektrisiteit by een van haar huise in die Aniva-woonbuurt. Hy sê ‘n ander opposisieparty het na bewering reeds twee strafregtelike klagte teen haar ingedien.
12 Mar 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min