Pretoria-fees is die plek waar jy wil wees

Loading player...
Liza en Ross Welsh, koördineerders van die Pretoria-fees, het in Maroela Media se ateljee kom draai om meer oor vanjaar se fees te vertel. Hulle sê dié fees beloof die grootste pret vir elke lid van die gesin in ʼn veilige en gesellige omgewing. Luister boaan hierdie berig na die volledige onderhoud en vind uit waarom jy nie vanjaar se Pretoria-fees kan misloop nie.
11 Mar 2024 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

SkoolSlim | Belê in die menswees van jou kinders

ʼn Sterk skool word nie net deur goeie uitslae en sportprestasies gebou nie. In dié episode van "SkoolSlim" gesels Pieter Rademeyer oor die redes waarom verhoudings, waardes en belegging in kinders se menswees ʼn skool se grootste nalatenskap kan wees.
7 Aug 16 min

‘Misofo-wat?’ Daar ís hulp as geluide jou wil gek maak

Vir die meeste mense is die geluide van iemand wat kou, sluk of met ʼn pen tik bloot deel van die alledaagse lewe. Vir mense met misofonie kan dieselfde geluide egter intense woede, angs of ongemak ontlok en ʼn groot invloed op hul daaglikse lewe hê.
4 Aug 21 min

SkoolSlim | Om te lees is om te verstaan

In hierdie episode van “SkoolSlim” verduidelik Lotta Engelbrecht waarom ʼn liefde vir lees reeds in die vroeë kinderjare begin en hoe ouers en onderwysers saam die grondslag vir ʼn leeftyd van leer kan lê.
30 Jul 30 min