Episode 4: Op reis met God

Loading player...
Dr Tom Smith van Fontainebleau Gemeenskapskerk in Randburg neem op 1 April oor by dr Andre Bartlett as hoof van Excelsus, die NG Kerk se Sentrum vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling in Pretoria. Hy het met Kerkbode Kollig gesels oor sy eie jarelange geloofsavontuurreis asook waarna hy uitsien in sy nuwe pos en hy het so bietjie vertel oor sy nuwe boek, Vind God in die gewone. Ons maak ook ’n draai in Knysna by ds Enel Lamprecht wat vertel hoe jongmense besig is om die gesig van hulle gemeente te verander. En dan hoor ons van ’n ongelooflike dapper kankervegtertjie in die Strand wat duisende mense met haar getuienis geïnspireer het.
9 Mar 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min