DA lei optog teen besoedelde water in Ermelo

Loading player...
Die DA het vandag in Ermelo ‘n vreedsame optog gehou teen swak dienslewering deur Msukaligwa-munisipaliteit. Die party se provinsiale leier, Jane Sithole, sê die besoedeling van water wat aan inwoners voorsien word, was bo-aan die agenda. ‘n Memorandum met hul griewe is aan die Speaker oorhandig. Hulle het die ANC-administrasie 14 werksdae gegee om dit aan te spreek. Volgens Sithole sal hulle andersins betogings intensifiseer.
6 Mar 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min